|
Christenskap is 'n avontuur!
Ons werk baie hard daaraan om ons
jongmense die geleentheid te gee om op 'n opwindende manier d.m.v. 'n
groot aantal aktiwiteite te leer wat dit is om in vandag se wêreld 'n
christen te wees.
Die Jeuggroep word vanaf 2009 deur twee entoesiastiese jongmense, Paul
en Elrien Theron, ’n broer en suster, behartig.
Elrien is vir die Junior jeug (tot Graad 6) en Paul vir die Senior jeug
verantwoordelik, wat die belydende jongmense insluit. Die Junior jeug
word die “Maksi-Mini Aksie” (MMA) genoem en kom op Sondagaande tydens
die erediens om 18:00 bymekaar terwyl die Senior jeug na die erediens om
19:00 vergader.
Die Jeugbediening beplan heelwat inisiatiewe vir die komende jaar bo-en-behalwe
die normale weeklikse byeenkomste. Die Jeugkamp by Klein Kariba in
Augustus 2009 beloof om ’n hoogtepunt in die jaar vir die Senior jeug te
wees. ’n Interessante tema waarby die jongmense aanklank kan vind is
reeds geïdentifiseer en word heelwat geleentheid vir lofprysing,
Bybelstudie, aanbidding en berading beplan.
Wat die Junior jeug betref, word ’n daguitstappie na die Dieretuin
beplan. ’n Jeugweek in Julie word gereël. Hier word nie slegs
gemeente-kinders betrek nie maar word die gemeenskap ook uitgenooi om
hulle kinders hieraan deel te laat neem. Daar word elke dag gesing en
uit die Bybel gelees en ander aktiwiteite aangebied om hulle besig te
hou.
|