Wonderboom-Suid NG Gemeente

 

 

... waar God

 

Klik op die prentjie vir meer inligting

 

 en mens ontmoet ...

 

Klik op die prentjie hierbo

vir meer inligting

 

 

NUUS

uit die Gemeente

 

 

Feesnaweek 2011/10/21 - 23

 

 

Ds. Gert vertel vir ons oor die wonders van JIK

Jesus is Kragtig, Jesus is Koning, Jesus is Kurios.

 

Klik op die foto hierbo om die Foto-album met die res van die fotos te sien!

 

---ooO00---

 

 

Selgroep bekendstelling: 16/10/2011

 

 

 Klik op die foto hierbo om die Foto-album met die res van die fotos te sien!

 

Skakel in by die Selgroepe!

 

Weekliks kom meer as 20 groepe van alle ouderdomme bymekaar op verskillende plekke en verskillende tye om saam te kuier, saam die Bybel te bestudeer, en saam te groei is ons geloof.

 

Jy is meer as welkom om in te skakel indien jy nog nie deel van 'n groep is nie!

 

Kontak Matrie van Niekerk by  082 498 3475 vir meer besonderhede.

 

---ooO00---

 

Is daar lewe na die dood?

 

Volgens die Bybel is daar baie beslis 'n voortbestaan na die dood, maar dit gee nie baie inligting daaroor nie. Die gevolg is dat baie mense wonder wat op ons wag?

 

Na-doodse ervarings (wanneer iemand gesterf het en met mediese hulp weer bygebring word) kom toenemend voor. Baie van die oorlewendes kan van hulle ervaringe vertel in die rukkie wat hulle dood was. Dit gee ons so 'n glimps van wat anderkant wag.

 

Colton Burpo het op 4 jarige ouderdom tydens 'n operasie so 'n belewenis gehad en na die tyd daarvan begin vertel. Dit is onmoontlik vir 'n kind so jong om stories op te maak en boonop name en besonderhede te noem van mense wat hy nooit geken het nie.

 

 

Die videosnit kan ook gesien word by GodTube

 

Colton se pa het die storie in 'n boek oorgeskryf: “Heaven Is For Real.” wat die nr.1 posisie as topverkoper in New York gehaal het.

 

Jesus se opstanding uit die dood is vir ons 'n waarborg dat alles wat Hy gesę en gedoen het, die waarheid is. Ons kan Hom met ons lewe en toekoms vertrou.

 

Verdere videos oor Colton:

YouTube

 

 

---ooO00---

 

Net 'n gedagte ...

 

 

 

Die beste manier om die heel beste uit mense te haal,

is nie om die heeltyd te kritiseer nie,

maar om deurentyd op die positiewe te fokus!

 

"Die liefde ... bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles."

1 Kor. 13: 7

 

Kom ons maak 'n punt daarvan om ander te vertel

dat ons hulle betrokkenheid en insette waardeer!

 

---ooO00---

 

Uitreik-Aksies:

 

Die Diensgroep van Barmhartigheid vertel ons meer van die projekte waarby hulle betrokke is.

 

 

Klik op die foto hierbo vir meer inligting en fotos!

 

---ooO00---

 

Ons het ons eie BLOG!

 

 

 

Hier kan ons ons gedagtes met mekaar deel, getuienisse vertel, geloofsake bespreek en gebedsversoeke rig. Dit is nou jou kans om 'n positiewe inset in die lewe van ander te gee!

 

Klik op die prentjie hierbo om die BLOG te besoek.

 

28/04/2010

 

Strokiesverhale:

 

 

Daar is nuwe strokiesverhale vir kinders en grootmense

wat belangstel om meer van die skepping en dinosaurusse

en evolusie te weet.

 

---ooO00---

 

 

 

Daar is versoeke dat leraars meer van elektroniese hulpmiddels gebruik moet maak tydens eredienste. As ek na die prentjie hierbo kyk, weet ek nie of dit altyd so goed gaan werk nie ... maar moenie moed opgee nie! Tans is daar 'n kommissie wat ernstig aandag gee aan die situasie.

 

Hou hier dop vir meer inligting!                                                02/2010

 

---ooO00---

 

 

Gebedsversoeke:

 

Ons aanbid 'n Lewende God wat luister as ons bid en graag antwoorde gee.

 

Ons nooi u om u gebedsversoeke in te stuur vir voorbidding:

Frikkie de Bruin - Sel 082 830 0623

Suzette Theron - Tel 012 331 1936

of Epos na webmaster@ngkwbs.org.za

 

Ons versoek u om gereeld saam te bid vir die persone op die gebedslys, en ook om ons in te lig indien daar enige verandering / gebedsverhorings plaasvind.

 

Jy kan ook jou gebedsversoek direk op die BLOG intik!

 

 

---ooOoo---

 

 

Het jy al ingeteken vir die gemeente se

SMS-bediening?

 

Dit is heeltemal GRATIS -

Jy het geen verskoning om nie in te teken nie!

 

Intekenaars word gereeld per SMS ingelig

oor belangrike aktiwiteite in die gemeente!

 

 

 

 

Wie is ons?

 

Wonderboom-Suid is 'n voorstedelike gemeente aan die noordekant van Pretoria met ongeveer 980 lidmate.

 

Elkeen wat ernstig is in sy / haar verhouding met God, of wat ernstig daarna verlang om in so 'n verhouding met God te staan kan hier 'n geestelike tuiste vind.

 

Ons wil mekaar help om ons volle God-gegewe potensiaal te ontdek en te ontwikkel sodat ons die mense kan wees wat God wil hę ons moet wees: 

 

  • mense wat verlos is ...

  • mense wat met 'n gesindheid van dankbaarheid leef teenoor God en medemens vir die verlossing in Jesus waaraan ons reeds deel het,

  • mense wat daarom die liefde van Jesus spontaan teenoor mekaar en teenoor die węreld uitleef,

  • mense wat hulle gawes as deel van die liggaam benut om mekaar geestelik op te bou,

  • mense wat in afhanklikheid van die Here in sy krag betrokke is in die gemeenskap en die węreld om 'n verskil te maak en so die koninkryk van Jesus uit te bou,

  • mense wat die saad van die evangelie (die blye boodskap van verlossing in Jesus) oor die ganse węreld wil uitdra,

  • mense wat God deur hulle daaglikse lewe verheerlik ...

 

As jy jouself kan identifiseer met hierdie doelwitte en kans sien om saam te werk om die koninkryk van Jesus in Wonderboom-Suid en verder te bou, is jy meer as welkom om by ons in te skakel !

 

 

Goeie Nuus ...